Ons is middel vyftigerjare en oorweeg dit om aansoek te doen vir permanente verblyf in Malta. Tans woon ons in Pretoria en ons seun en sy familie in Centurion terwyl ons dogter en haar man besig is om na Duitsland te verhuis vir 'n jaar of twee. Mense met wie ons al oor ons oorwegings gesels het reken die eiland gaan te klein word vir iemand wat aan die Suid Afrikaanse ruimte gewoond is. Wat is u gevoel tov hierdie stelling en hoe ervaar u die alledaagse lewe in Malta? Ons hoor graag van u.